MATTEUS 23:11-12 - Compare All Versions

MATTEUS 23:11-12 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.”

MATTEUS 23:11-12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

MATTEUS 23:11-12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die belangrikste een onder julle moet die een wees wat dien. Dié wat vir hulleself eer soek – God sal hulle verneder. Maar dié wat hulle geringheid voor God besef – God sal hulle hoog vereer.”

MATTEUS 23:11-12 DB (Die Boodskap)

“Die reël wat elke gelowige moet onthou, is: onder God se kinders is die een wat die ander dien die belangrikste. Dit beteken dat God die een wat gedurig die belangrikste wil wees en oor ander baas wil speel, heel agter in die ry sal laat staan. Die een wat egter ander dien sonder om gedurig te wonder hoe belangrik dit alles hom gaan maak, sal van God self die ereplek voor in die ry kry.”

MATTEUS 23:11-12 ABA (Bybel vir almal)

Die persoon wat by julle die belangrikste is, hy moet die ander dien. As iemand dink hy is belangrik, dan sal God hom onbelangrik maak. En as iemand dink hy is onbelangrik, dan sal God hom belangrik maak.

MATTEUS 23:11-12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die belangrikste onder julle moet julle dienaar wees. Wie homself verhef, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhef word.”

MATTEUS 23:11-12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar die grootste onder julle moet julle dienaar wees. En elkeen wat homself verhoog, sal verneder word; en hy wat homself verneder, sal verhoog word.