MATTEUS 23:11-12
MATTEUS 23:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Die persoon wat by julle die belangrikste is, hy moet die ander dien. As iemand dink hy is belangrik, dan sal God hom onbelangrik maak. En as iemand dink hy is onbelangrik, dan sal God hom belangrik maak.
MATTEUS 23:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
MATTEUS 23:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.”
MATTEUS 23:11-12 Die Boodskap (DB)
“Die reël wat elke gelowige moet onthou, is: onder God se kinders is die een wat die ander dien die belangrikste. Dit beteken dat God die een wat gedurig die belangrikste wil wees en oor ander baas wil speel, heel agter in die ry sal laat staan. Die een wat egter ander dien sonder om gedurig te wonder hoe belangrik dit alles hom gaan maak, sal van God self die ereplek voor in die ry kry.”