MATTEUS 22:44
MATTEUS 22:44 Bybel vir almal (ABA)
“Dawid het gesê: “ Die Here het vir my Here, die Koning, gesê: Sit hier langs My, op die belangrikste plek. Ek sal jou vyande voor jou laat buig, en jy sal jou voete op hulle sit.
MATTEUS 22:44 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
MATTEUS 22:44 Afrikaans 1983 (AFR83)
“ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’
MATTEUS 22:44 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande onder jou voete geplaas het’?
MATTEUS 22:44 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank vir u voete?