MATTEUS 22:42-43
MATTEUS 22:42-43 Bybel vir almal (ABA)
“Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” Hulle het gesê: “Hy is die Seun van Dawid.” Jesus sê toe vir hulle: “Hoekom het die Heilige Gees vir Dawid gesê hy moet die Christus ‘Here’ noem?
MATTEUS 22:42-43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s'n. Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê
MATTEUS 22:42-43 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” “Dawid s'n,” antwoord hulle Hom. Hy sê toe vir hulle: “Waarom het Dawid deur die ingewing van die Gees Hom dan ‘Here’ genoem? Hy sê tog
MATTEUS 22:42-43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wat sê julle van die Christus? Wie se Seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s'n.” Hy vra hulle toe: “Hoe kan Dawid Hom dan, deur die werking van die Gees, ‘Here’ noem, as hy sê
MATTEUS 22:42-43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en gesê: Wat dink julle van Christus? wie se seun is hy? Hulle sê vir hom: Die Seun van Dawid. Hy sê vir hulle: Hoe noem Dawid Hom dan in die gees Here, deur te sê