MATTEUS 22:41-45
MATTEUS 22:41-45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe die Fariseërs saamgekom het, vra Jesus hulle en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s'n. Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete? As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?
MATTEUS 22:41-45 Bybel vir almal (ABA)
Toe die Fariseërs daar bymekaar was, het Jesus vir hulle gevra: “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” Hulle het gesê: “Hy is die Seun van Dawid.” Jesus sê toe vir hulle: “Hoekom het die Heilige Gees vir Dawid gesê hy moet die Christus ‘Here’ noem? “Dawid het gesê: “ Die Here het vir my Here, die Koning, gesê: Sit hier langs My, op die belangrikste plek. Ek sal jou vyande voor jou laat buig, en jy sal jou voete op hulle sit. “Dawid self noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?”
MATTEUS 22:41-45 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die Fariseërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle: “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” “Dawid s'n,” antwoord hulle Hom. Hy sê toe vir hulle: “Waarom het Dawid deur die ingewing van die Gees Hom dan ‘Here’ genoem? Hy sê tog: “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’ “As Dawid self Hom ‘Here’ noem, hoe kan Hy dan Dawid se seun wees?”
MATTEUS 22:41-45 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die •Fariseërs bymekaar was, het Jesus hulle gevra: “Wat sê julle van die Christus? Wie se Seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s'n.” Hy vra hulle toe: “Hoe kan Dawid Hom dan, deur die werking van die Gees, ‘Here’ noem, as hy sê, “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande onder jou voete geplaas het’? “As Dawid Hom dan ‘Here’ noem, hoe kan Hy sy Seun wees?”
MATTEUS 22:41-45 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl die Fariseërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle: en gesê: Wat dink julle van Christus? wie se seun is hy? Hulle sê vir hom: Die Seun van Dawid. Hy sê vir hulle: Hoe noem Dawid Hom dan in die gees Here, deur te sê: Die HERE het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank vir u voete? As Dawid Hom dan Here noem, hoe is hy sy seun?
MATTEUS 22:41-45 Die Boodskap (DB)
Die Fariseërs het daarna kajuitraad gehou, maar Jesus het nie op Hom laat wag nie. Op sy beurt vra Hy weer vir die Fariseërs ’n strikvraag: “Wie se Seun dink julle is die Messias?” “Dawid s’n,” sê hulle dadelik. “Wel, as dit so is, hoe verklaar julle dan dat Dawid in een van sy psalms die Messias sy ‘Here’ noem? Luister hier wat sê Dawid self: ‘God, die Here, het vir my Here gesê: Kom sit op die spesiale ereplek hier langs My, totdat Ek al jou vyande magteloos voor jou voete laat lê.’ “Onthou, hy het dit gesê toe hy onder die inspirasie van die Heilige Gees was. Verklaar dan nou vir My: As Dawid die Messias ‘Here’ noem, hoe is dit moontlik dat Hy Dawid se seun ook nog kan wees?”
MATTEUS 22:41-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omring van Fariseërs het Jesus die volgende vraag aan hulle gestel: “Wat is julle standpunt oor die Messias? Wie se seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s’n.” Waarop Jesus vra: “Hoe noem Dawid Hom dan ‘Here’, terwyl hy tog onder die inspirasie van die Gees praat? Hy sê: ‘Die HERE het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.’ “As Dawid Hom ‘Here’ noem, hoe kan Hy terselfdertyd sy seun wees?”