MATTEUS 22:25
MATTEUS 22:25 Bybel vir almal (ABA)
“Daar was sewe broers hier by ons. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf, maar hy het nie kinders gehad nie. Daarom het die tweede broer met die oudste broer se weduwee getrou.
MATTEUS 22:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.
MATTEUS 22:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nou was daar by ons sewe broers. Die oudste het getrou en gesterwe. Omdat daar nie kinders was nie, het sy broer met die weduwee getrou.
MATTEUS 22:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
By ons was daar sewe broers. Die eerste het getrou en gesterf, en sy vrou vir sy broer agtergelaat, omdat hy nie self 'n nageslag gehad het nie.
MATTEUS 22:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar was sewe broers by ons; en die eerste, nadat hy 'n vrou getrou het, het gesterf, en het sy vrou aan sy broer oorgelaat, omdat hy geen uitvloeisel gehad het nie.