MATTEUS 22:24
MATTEUS 22:24 Bybel vir almal (ABA)
“Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Moses het gesê: ‘ Wanneer 'n man sterf en sy vrou lewe nog, en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se nageslag wees.’
MATTEUS 22:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê: Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.
MATTEUS 22:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Meneer, Moses het gesê: ‘As iemand sterwe sonder om kinders te hê, moet sy broer met die weduwee trou en 'n nageslag vir sy broer verwek.’
MATTEUS 22:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Meester, Moses het gesê, ‘As iemand sonder kinders sterf, moet sy broer met die vrou trou en 'n nageslag vir sy broer verwek.’
MATTEUS 22:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moses het gesê: Meester, en gesê: As 'n man sterf sonder kinders, moet sy broer met sy vrou trou en vir sy broer 'n nageslag verwek.
MATTEUS 22:24 Die Boodskap (DB)
“Jy is mos iemand wat ander leer,” begin hulle. “Laat ons jou net herinner aan Moses se woorde: ‘As ’n getroude man sonder kinders sterf, moet sy broer met sy weduwee trou. Hulle moet dan ’n seun kry om so te sorg dat die familienaam nie uitsterf nie.’