Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 21:8 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 21:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die grootste deel van die skare het van hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takkies van die bome afgebreek en dit op die pad gestrooi.

MATTEUS 21:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.

MATTEUS 21:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die grootste deel van die skare het hulle bo-klere op die pad voor Jesus oopgegooi en ander het takke van die bome afgekap en dit oor die pad uitgesprei.

MATTEUS 21:8 DB (Die Boodskap)

Die meeste van hulle het los stukke klere wat hulle by hulle gehad het mooi voor sy donkie oopgevou. Ander het weer boomtakkies op die pad voor Hom gegooi sodat Hy op die groen tapyt kon ry.

MATTEUS 21:8 ABA (Bybel vir almal)

Daar was baie mense. Hulle het van hulle klere oopgegooi op die pad. Ander mense het takke van bome afgekap en hulle het dit op die pad gegooi.

MATTEUS 21:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die groot skare het hulle boklere op die pad oopgesprei, en ander weer het takke van die bome afgekap en op die pad oopgesprei.

MATTEUS 21:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En 'n baie groot menigte het hulle klere op die pad uitgesprei; ander het takke van die bome afgekap en dit in die pad gestrooi.