Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 21:44 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 21:44 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.”

MATTEUS 21:44 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.

MATTEUS 21:44 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Elkeen wat teen hierdie klip val, sal verpletter word en die een op wie hý val, sal vergruis word.”

MATTEUS 21:44 DB (Die Boodskap)

“Oppas! Wie op hierdie Klip val, gaan bitter seerkry. Maar op wie die Klip val, van hom gaan niks oorbly nie.”

MATTEUS 21:44 ABA (Bybel vir almal)

Elkeen wat val oor die klip wat die bouers weggegooi het, sal sy bene breek en sterf. En as daardie klip op iemand val, dan sal die klip hom doodval.”

MATTEUS 21:44 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wie op hierdie klip val, sal verpletter word; en as dit op iemand val, sal dit hom vergruis.”

MATTEUS 21:44 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En elkeen wat op hierdie klip val, sal gebreek word; maar elkeen waarop hy val, sal hom fyn maal.