Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 21:38 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 21:38 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar toe die boere die seun sien, sê hulle vir mekaar: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood en vat sy erfenis.’

MATTEUS 21:38 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.

MATTEUS 21:38 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar toe die boere die seun sien, sê hulle vir mekaar: ‘Hy is mos die erfgenaam. Kom ons maak hom dood en dan vat ons sy erfenis!’

MATTEUS 21:38 DB (Die Boodskap)

Maar dit het nie so gebeur nie. Toe die boere die seun sien aankom, sit hulle koppe bymekaar. ‘Weet julle,’ sê hulle vir mekaar, ‘daardie seun gaan eendag hierdie grond erf. Dis nou ons kans. As ons hom nou doodmaak, sal ons mos later self die grond in die hande kan kry. Wanneer die eienaar eendag doodgaan, sal daar niemand meer oor wees om hier te boer nie.’

MATTEUS 21:38 ABA (Bybel vir almal)

Toe die mense die eienaar se seun sien, het hulle vir mekaar gesê: ‘Hierdie seun sal eendag al die eienaar se goed kry. Kom ons maak hom dood, dan vat ons alles vir onsself.’

MATTEUS 21:38 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê, ‘Dit is die erfgenaam dié! Kom ons maak hom dood, en kry sy erfdeel in die hande.’

MATTEUS 21:38 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar toe die landbouers die seun sien, sê hulle onder mekaar: Dit is die erfgenaam; kom, laat ons hom doodmaak, en laat ons sy erfdeel in besit neem.