MATTEUS 21:25
MATTEUS 21:25 Bybel vir almal (ABA)
Johannes die Doper het mense gedoop. Wie het hom gestuur om dit te doen? Was dit God, of was dit die mense?” Die priesterleiers en die familieleiers het daaroor met mekaar gepraat en gesê: “As ons sê: ‘God het hom gestuur,’ dan sal Jesus vir ons vra: ‘Hoekom het julle nie geglo wat Johannes gesê het nie?’
MATTEUS 21:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel — dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
MATTEUS 21:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die doop van Johannes, waar het dit vandaan gekom: van God, of van mense af?” Hulle redeneer toe onder mekaar: “As ons sê: ‘Van God af,’ sal hy vir ons sê: ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’
MATTEUS 21:25 Die Boodskap (DB)
Wie het Johannes die reg gegee om te doop? Was dit God of die mense?” Die Jode het dadelik besef dat Jesus hulle nou in ’n hoek gedryf het. Hulle was in die moeilikheid, want sê hulle: “God het hom die reg gegee,” sal Jesus hulle vra waarom hulle nie geglo het wat Johannes gesê het nie.