MATTEUS 21:23
MATTEUS 21:23 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het weer na die tempel-gronde gegaan. Hy was besig om vir die mense te leer, en toe het die priesterleiers en die familieleiers van die volk na Hom toe gekom. Hulle het vir Hom gevra: “Hoekom dink jy dat jy hierdie dinge mag doen? Wie het gesê jy mag dit doen?”
MATTEUS 21:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en hulle sê: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U hierdie gesag gegee?
MATTEUS 21:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het na die tempel toe gegaan, en terwyl Hy besig was om die mense te leer, kom die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk na Hom toe en vra: “Met watter gesag doen u hierdie dinge? En wie het u hierdie gesag gegee?”
MATTEUS 21:23 Die Boodskap (DB)
Toe Jesus in Jerusalem aankom, is Hy weer reguit tempel toe. Die mense het om Hom begin saamdrom. Hy het hulle alles geleer van God se nuwe wêreld. Van die godsdienstige leiers en ’n paar van die belangrike mense uit Jerusalem sluit toe by die groep mense om Jesus aan en vra: “Wie gee jou die reg om al hierdie dinge te doen? Op wie se gesag tree jy op?”