MATTEUS 21:2 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 21:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar 'n donkie kry wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
MATTEUS 21:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle 'n eselin vind wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
MATTEUS 21:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
met die opdrag: “Gaan na die dorpie hier reg voor julle, en julle sal ’n donkie daar vasgemaak sien staan met ’n vul by haar. Maak hulle los en bring hulle hier vir My.
MATTEUS 21:2 DB (Die Boodskap)
“Gaan asseblief gou na Betfage toe,” vra Jesus twee van sy volgelinge. “Nes julle in die dorp kom, sal julle ’n donkie met ’n vulletjie by haar kry. Bring hulle al twee vir My.
MATTEUS 21:2 ABA (Bybel vir almal)
en Hy sê vir hulle: “Gaan na die dorpie hier voor julle, julle sal 'n donkie en haar vulletjie kry. Julle moet die donkie losmaak en hulle na My toe bring.
MATTEUS 21:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
met die opdrag: “Gaan na die dorpie daar voor julle, en julle sal dadelik 'n vasgemaakte donkie vind met 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
MATTEUS 21:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en vir hulle gesê: Gaan na die dorp teenoor julle, en julle sal dadelik 'n esel vind wat vasgebind is en 'n vul by haar; maak hulle los en bring hulle na My toe.