MATTEUS 20:20 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 20:20 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe kom die vrou van Sebedeus met haar twee seuns by Jesus en kniel voor Hom om Hom 'n guns te vra.
MATTEUS 20:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe kom die moeder van die seuns van Sebedéüs met haar seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra.
MATTEUS 20:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Daarop kom die ma van Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, na Jesus toe met haar twee seuns. Sy kniel toe eerbiedig neer om van Hom ’n guns te vra.
MATTEUS 20:20 DB (Die Boodskap)
Kort daarna het die ma van Johannes en Jakobus saam met haar seuns na Jesus toe gekom. Sy kniel toe voor Hom en sê dat sy vir Hom iets belangriks wil vra.
MATTEUS 20:20 ABA (Bybel vir almal)
Die ma van die seuns van Sebedeus het saam met haar seuns na Jesus toe gekom. Sy het voor Hom gekniel om vir Hom iets te vra.
MATTEUS 20:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het die moeder van die seuns van Sebedeus met haar seuns na Hom gekom. Sy het gekniel om Hom iets te vra.
MATTEUS 20:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die moeder van Sebedeus se kinders met haar seuns na hom gekom en hom aanbid en iets van hom begeer.