Slaan direk na inhoud oor

MATTEUS 20:15 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 20:15 AFR83 (Afrikaans 1983)

Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’

MATTEUS 20:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?

MATTEUS 20:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Is dit dan teen die wet om met my geld te maak soos ek goeddink? Of voel jy bitter omdat ek so gaaf is?’

MATTEUS 20:15 DB (Die Boodskap)

Dit is mos my geld. Ek kan daarmee maak wat ek wil. Hoekom is julle dan kwaad vir my omdat ek daarmee goeddoen?’”

MATTEUS 20:15 ABA (Bybel vir almal)

Ek kan doen met my geld wat ek wil, dit weet jy. Hoekom is jy jaloers omdat ek vir hulle goed is?’

MATTEUS 20:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Mag ek nie met my goed maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is? ’

MATTEUS 20:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Is dit my nie geoorloof om met my eie te doen wat ek wil nie? Is jou oog sleg, omdat ek goed is?