MATTEUS 20:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 20:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met die eienaar van 'n wingerd wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.
MATTEUS 20:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
WANT die koninkryk van die hemele is soos 'n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.
MATTEUS 20:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Die koningsheerskappy van God is soos die eienaar van ’n landgoed wat vroegdag uitgegaan het om loonarbeiders vir sy wingerd te huur.
MATTEUS 20:1 DB (Die Boodskap)
Daarna vertel Jesus vir hulle ’n verhaal: “Weet julle, in God se nuwe wêreld gaan dit soos met ’n boer wat vroeg een oggend by die markplein ’n paar werklose mense gaan huur het om daardie dag vir hom op sy plaas te kom werk.
MATTEUS 20:1 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het gesê: “In die hemel waar God Koning is, is dit soos 'n man wat een oggend vroeg uitgegaan het om werkers te huur om in sy wingerd te werk.
MATTEUS 20:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Die •koninkryk van die hemele is soos 'n grondeienaar wat reeds vroegoggend uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.
MATTEUS 20:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat 'n huisbewoner is wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders in sy wingerd te huur.