MATTEUS 19:28
MATTEUS 19:28 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Daar sal 'n dag kom wanneer God die wêreld en alles nuut sal maak, en Ek, die Seun van die mens, sal dan op my troon sit en Ek sal Koning wees. Dan sal julle wat saam met My gaan, op twaalf trone sit en julle sal regeer oor die twaalf stamme van Israel.
MATTEUS 19:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.
MATTEUS 19:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus antwoord hulle: “Dit verseker Ek julle: Wanneer alles nuut gemaak word, as die Seun van die mens op sy koninklike troon sit, sal ook julle wat My gevolg het, op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regeer.
MATTEUS 19:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het vir hulle gesê: “•Amen, Ek sê vir julle: In die nuwe bedeling, wanneer die •Seun van die Mens op sy glansryke troon sit, sal julle wat My gevolg het, ook op twaalf trone sit en oor die twaalf stamme van Israel regspreek.
MATTEUS 19:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op die troon van sy heerlikheid sal sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel oordeel.
MATTEUS 19:28 Die Boodskap (DB)
“Ek het baie goeie nuus vir julle,” antwoord Jesus. “Wanneer God se nuwe wêreld aanbreek, sal Ek as die Seun van die mens daar as Koning regeer. Ek self sal sorg dat julle die heel beste plekke daar kry. Julle sal soos konings op twaalf trone gaan sit en oor almal in Israel oordeel.
MATTEUS 19:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus se antwoord was: “Ek verseker julle dat wanneer Ek, die Seun van die Mens, in God se nuwe wêreld op my heerlike troon sal sit, sal julle wat My gevolg het, ook op twaalf trone sit en julle sal regspreek oor die twaalf stamme van Israel.