Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 19:27 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 19:27 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe sê Petrus vir Hom: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal ons daarvoor kry?”

MATTEUS 19:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?

MATTEUS 19:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe sê Petrus vir Hom: “Ons het alles opgegee om u dissipels te word. Wat sal ons daaruit kry?”

MATTEUS 19:27 DB (Die Boodskap)

Maar Petrus was nog nie tevrede nie: “Wag ’n bietjie, Here! Nou moet U reguit vir ons sê wat ons dissipels se kans is om daar in te kom. Kyk, ons het al ons besittings weggegee en u volgelinge geword.”

MATTEUS 19:27 ABA (Bybel vir almal)

Petrus het geantwoord en vir Jesus gesê: “Kyk na ons, ons het alles gelos wat ons gehad het en ons gaan saam met U. Wat sal ons kry?”

MATTEUS 19:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe vra •Petrus Hom: “Kyk, ons het alles agtergelaat en U gevolg. Wat sal ons dan daarvoor kry?”

MATTEUS 19:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe antwoord Petrus en sê vir hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg; wat sal ons dan hê?