MATTEUS 19:18 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 19:18 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Watter gebooie bedoel u?” het hy vir Hom gevra. Jesus het gesê: “Dit: Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie
MATTEUS 19:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê — dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie
MATTEUS 19:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?” Jesus het geantwoord: “‘Jy mag nie moord pleeg nie. Jy mag nie ontrou wees in jou huwelik nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie onwaar getuienis aflê nie
MATTEUS 19:18 DB (Die Boodskap)
“Watter voorskrifte?” het die man gevra. “Die volgende,” antwoord Jesus. “Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie met iemand buite jou huwelik ’n seksuele verhouding hê nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie leuens vertel nie
MATTEUS 19:18 ABA (Bybel vir almal)
Die man sê toe: “Watter wette?” Jesus het vir hom gesê: “ Jy mag nie iemand doodmaak nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie oor ander mense lieg nie
MATTEUS 19:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy vra Hom: “Watter?” Jesus antwoord: “Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuig nie
MATTEUS 19:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy sê vir hom: Watter? Jesus het gesê: Jy mag geen moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie