MATTEUS 19:13 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 19:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas.
MATTEUS 19:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
TOE bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf.
MATTEUS 19:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Op ’n dag is kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy sy hande op hulle kon plaas en vir hulle kon bid. Sy dissipels het hulle egter daaroor aangespreek.
MATTEUS 19:13 DB (Die Boodskap)
Kort daarna het ’n groep mense hulle kindertjies na Jesus toe gebring met die hoop dat Hy sy hande op hulle sou lê en vir hulle sou bid. Maar die dissipels het hulle verwilder. Hulle wou nie hê dat die mense Jesus onnodig moes lastig val nie.
MATTEUS 19:13 ABA (Bybel vir almal)
Toe het die mense kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy sy hande op hulle kon sit en vir hulle kon bid. Maar die dissipels het met hulle geraas.
MATTEUS 19:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe is kindertjies na Jesus gebring, sodat Hy hulle die hande kon oplê en vir hulle bid. Maar die dissipels het hulle berispe.
MATTEUS 19:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe is kindertjies na Hom gebring, dat Hy hulle die hande oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf.