Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 19:10 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 19:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Sy dissipels sê toe vir Hom: “As dit is hoe die saak met man en vrou staan, is dit beter om nie te trou nie.”

MATTEUS 19:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van 'n man met 'n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.

MATTEUS 19:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sy dissipels sê vir Hom: “As dit met mans en vroue die geval is, moet ’n mens maar liewer nie trou nie!”

MATTEUS 19:10 DB (Die Boodskap)

Na die tyd het Jesus se dissipels eenkant vir Hom kom sê: “Ons het gestaan en luister na wat U vir die Fariseërs oor die huwelik gesê het. Maar, Here, g’n mens kan dit wat U sê, nakom nie. Dis heeltemal te moeilik. Is dit dan nie maar beter om nie te trou nie?”

MATTEUS 19:10 ABA (Bybel vir almal)

Jesus se dissipels sê toe vir Hom: “As dit so is met 'n man en 'n vrou wat met mekaar getroud is, dan is dit beter om nie te trou nie.”

MATTEUS 19:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Sy dissipels sê toe vir Hom: “As dit die stand van sake tussen man en vrou is, is dit beter om nie te trou nie. ”

MATTEUS 19:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Sy dissipels sê vir Hom: As die man so met sy vrou is, is dit nie goed om te trou nie.