MATTEUS 18:28
MATTEUS 18:28 Bybel vir almal (ABA)
Toe daardie amptenaar uitgaan, kry hy een van die ander amptenare wat vir hom geld geskuld het, hy het net 100 silwer geldstukke geskuld. Hy gryp hom toe aan die keel en begin om hom te wurg en hy sê: ‘Jy moet betaal wat jy vir my skuld!’
MATTEUS 18:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.
MATTEUS 18:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Toe daardie man buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net 'n paar rand geskuld het. Hy het hom gegryp en gewurg, en gesê: ‘Betaal wat jy skuld!’
MATTEUS 18:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar toe daardie slaaf uitgaan, het hy een van sy medeslawe gekry wat hom honderd denarius geskuld het. Hy het hom aan die keel gegryp, gewurg en gesê, ‘Betaal terug wat jy skuld!’
MATTEUS 18:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dieselfde dienskneg het uitgegaan en een van sy medediensknegte gekry wat hom honderd pennings geskuld het; en hy het hom die hande opgelê en hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.