Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 18:23 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 18:23 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met 'n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan.

MATTEUS 18:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.

MATTEUS 18:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Om hierdie rede kan God se koningsheerskappy vergelyk word met ’n koning wat besluit het om na te gaan wat sy amptenare hom skuld.

MATTEUS 18:23 DB (Die Boodskap)

Toe vertel Jesus vir hulle ’n verhaal om te verduidelik wat Hy bedoel: “In God se nuwe wêreld gaan dit soos met ’n koning wat op ’n dag besluit het om sy boeke na te gaan en te kyk wie van sy onderdane hom geld skuld.

MATTEUS 18:23 ABA (Bybel vir almal)

Ek sê dit, want God wat in die hemel is, is Koning. Dit is soos wanneer 'n koning besluit om te vra wat sy amptenare met sy geld gedoen het.

MATTEUS 18:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Daarom is die •koninkryk van die hemele soos 'n koning wat rekenskap van sy slawe wou eis.

MATTEUS 18:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met 'n sekere koning, wat met sy dienaars rekening sou hou.