MATTEUS 17:4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 17:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe sê Petrus vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”
MATTEUS 17:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.
MATTEUS 17:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Petrus sê toe vir Jesus: “Here, dis wonderlik om hier te wees! As U wil, sal ek hier drie skuilings oprig: vir U een, vir Moses een en een vir Elia.”
MATTEUS 17:4 DB (Die Boodskap)
Petrus het nie mooi verstaan wat aan die gang was nie. Hy bied toe maar aan om drie spesiale tente op te rig: een vir Jesus, een vir Moses en een vir Elia.
MATTEUS 17:4 ABA (Bybel vir almal)
Petrus sê toe vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, dan sal ek hier drie tente opslaan, een tent vir U, een tent vir Moses en een tent vir Elia.”
MATTEUS 17:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Petrus reageer toe en sê vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, laat my toe om hier drie hutte te bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.”
MATTEUS 17:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord Petrus en sê vir Jesus: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak; een vir jou en een vir Moses en een vir Elia.