Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 17:22 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 17:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe die dissipels weer in Galilea bymekaar was, het Jesus vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan oorgelewer word in die hande van mense

MATTEUS 17:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense

MATTEUS 17:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Weer terug in Galilea het Jesus vir hulle gesê: “God het bepaal dat die Seun van die Mens oorgegee moet word in die hande van mense.

MATTEUS 17:22 DB (Die Boodskap)

Kort daarna het Jesus se ander volgelinge in Galilea by Hom en sy dissipels aangesluit. Hy sê toe vir hulle: “Weet julle, Ek gaan binnekort in die hande van wrede mense val.

MATTEUS 17:22 ABA (Bybel vir almal)

Toe Jesus en die dissipels in Galilea saamgekom het, sê Hy vir hulle: “God sal My, die Seun van die mens, vir die mense gee

MATTEUS 17:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe hulle in Galilea bymekaarkom, sê Jesus vir hulle: “Die •Seun van die Mens gaan oorgelewer word in die hande van mense.

MATTEUS 17:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En terwyl hulle in Galilea gebly het, sê Jesus vir hulle: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van mense.