MATTEUS 17:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 17:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Daar het sy voorkoms voor hulle oë verander: sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
MATTEUS 17:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
MATTEUS 17:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
En daar, terwyl hulle na Jesus kyk, het sy voorkoms verander. Sy gesig het begin straal soos die son. Sy klere het skitterwit geword.
MATTEUS 17:2 DB (Die Boodskap)
Sy voorkoms het skielik voor hulle oë verander. Sy gesig het soos die son begin gloei. En sy klere het helder wit geskyn.
MATTEUS 17:2 ABA (Bybel vir almal)
Daar by hulle het Jesus toe skielik anders begin lyk. Sy gesig het soos die son geblink en sy klere het soos lig geskyn.
MATTEUS 17:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Voor hulle het Hy van gedaante verander: Sy gesig het gestraal soos die son, en sy klere het skitterend wit geword soos die lig.
MATTEUS 17:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geskyn soos die son, en sy klere was wit soos die lig.