Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 17:14 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 17:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe hulle weer by die mense kom, het 'n man voor Hom kom kniel

MATTEUS 17:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN toe hulle by die skare kom, gaan daar 'n man na Hom en val voor Hom op die knieë en sê

MATTEUS 17:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe hulle by die skare aan die voet van die berg kom, nader iemand vir Jesus en val voor Hom neer.

MATTEUS 17:14 DB (Die Boodskap)

Toe Jesus en die drie dissipels onder kom, het baie mense vir Hom gestaan en wag. ’n Man het vinnig tussen die skare deurgevleg en voor Hom neergeval.

MATTEUS 17:14 ABA (Bybel vir almal)

Jesus en sy dissipels het weer by die mense gekom. 'n Man het na Jesus toe gekom en hy het voor Jesus gekniel

MATTEUS 17:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe hulle by die skare kom, het 'n man na Hom gekom, voor Hom gekniel

MATTEUS 17:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe hulle by die skare kom, kom daar 'n sekere man na Hom wat voor Hom neergekniel en sê