MATTEUS 16:3
MATTEUS 16:3 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer die lug vroeg in die oggend rooi en bewolk is, dan sê julle daar kom 'n storm. Julle kan na die lug kyk en die weer voorspel, maar julle verstaan nie die tekens wat wys wat nou gebeur nie.
MATTEUS 16:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi. Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
MATTEUS 16:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
in die môre sê julle: ‘Vandag sal dit onweer wees, want die lug is dynserig rooi.’ Julle weet hoe om die voorkoms van die lug te beoordeel, maar die tekens van die tye kan julle nie onderskei nie.
MATTEUS 16:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En vroegoggend, ‘Vandag is dit stormweer, want die hemel is rooi en dit raak betrokke.’ Julle weet dus hoe om die voorkoms van die hemel te beoordeel, maar nie die tekens van die tye nie?
MATTEUS 16:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in die môre sal dit vandag ongure weer wees, want die lug is rooi en donker. O julle geveinsdes, julle kan die aangesig van die hemel onderskei; maar kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?
MATTEUS 16:3 Die Boodskap (DB)
En wanneer die lug toegetrek is, sê julle: ‘Vandag gaan dit onweer wees.’ As julle so goed is met die weer, hoekom kan julle dan nie die tyd reg lees nie? Kan julle nie sien wie nou by julle is nie? “Julle spul sondaars is op soek na tekens. Julle wil ’n bewys hê dat God deur My werk. Weet julle, dit is net sy vyande wat allerhande tekens wil hê.
MATTEUS 16:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
toegetrekte rooi lug met vroegdag beteken slegte weer deur die dag.’ Julle verstaan die kuns om die weervooruitsig uit die tekens in die lug te lees; hoe kan julle dan nie die duidelike tekens raaksien van die besondere tyd waarin julle julle bevind nie?