MATTEUS 16:21
MATTEUS 16:21 Bybel vir almal (ABA)
Van toe af het Jesus vir sy dissipels begin verduidelik dat Hy na Jerusalem moet gaan en dat die familieleiers, die priesterleiers en die skrifgeleerdes baie slegte dinge sal doen aan Hom. Hulle sal Hom doodmaak, maar op die derde dag sal God Hom weer laat lewe.
MATTEUS 16:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
MATTEUS 16:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels duidelik begin stel dat Hy Jerusalem toe moet gaan en baie moet ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en dat Hy doodgemaak moet word, en die derde dag uit die dood opgewek moet word.
MATTEUS 16:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van toe af het Jesus begin om aan sy dissipels duidelik te maak dat Hy na Jerusalem moet gaan en baie moet ly deur die familiehoofde, leierpriesters en skrifkenners, en doodgemaak en op die derde dag opgewek moet word.
MATTEUS 16:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Van daardie tyd af het Jesus begin om aan sy dissipels te wys hoe Hy na Jerusalem moet gaan en baie moet ly van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes, en gedood word en op die derde dag opgewek word.
MATTEUS 16:21 Die Boodskap (DB)
Jesus het van toe af begin om vir sy dissipels te verduidelik waarom Hy regtig Jerusalem toe moes gaan. Hy het gesê dat Hy in die hande sou val van al die godsdienstige leiers en skrifkenners van die volk en dat hulle Hom baie sou laat ly. Uiteindelik sou Hy doodgemaak word. Op die derde dag sou God Hom egter weer lewendig maak.
MATTEUS 16:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Van toe af het Jesus dit vir sy dissipels begin duidelik maak dat God wil hê Hy moet na Jerusalem toe gaan. Daar moet Hy baie ly onder die familiehoofde, die priesterhoofde en die skrifkenners, en doodgemaak word, maar God sal Hom op die derde dag opwek.