Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 14:6 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 14:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar

MATTEUS 14:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.

MATTEUS 14:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Met Herodes se verjaarsdagviering het Herodias se dogter voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik daarmee

MATTEUS 14:6 DB (Die Boodskap)

’n Rukkie later het Herodias haar verjaardagpartytjie gehou. Haar dogter het vir al die gaste gedans.

MATTEUS 14:6 ABA (Bybel vir almal)

Op Herodes se verjaarsdag het die dogter van Herodias tussen al die mense gedans. Dit was vir Herodes baie mooi

MATTEUS 14:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Tydens Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor almal gedans, en sy het Herodes bekoor.

MATTEUS 14:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar toe Herodes se verjaarsdag gehou is, het die dogter van Herodias voor hulle gedans en Herodes behaag.