MATTEUS 14:3 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 14:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Vroeër het Herodes vir Johannes laat vang, laat boei en in die tronk laat opsluit. Dit het hy gedoen oor Herodias die vrou van sy broer Filippus
MATTEUS 14:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer.
MATTEUS 14:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Herodes het vir Johannes oor Herodias laat arresteer, hom geboei en in die tronk gegooi. Herodias was sy broer Filippus se vrou, maar Herodes het haar vir homself toegeëien. Johannes het hom hieroor herhaaldelik aangespreek en vir hom gesê
MATTEUS 14:3 DB (Die Boodskap)
Johannes het natuurlik vroeër vir Herodes in die openbaar van owerspel beskuldig omdat hy sy broer, Filippus, se vrou afgevat het.
MATTEUS 14:3-4 ABA (Bybel vir almal)
Herodes het voor daardie tyd soldate gestuur om vir Johannes die Doper te vang en te boei en in die tronk toe te sluit. Herodes het dit gedoen omdat Johannes aangehou het om vir hom te sê hy mag nie trou met Herodias, sy broer Filippus se vrou nie.
MATTEUS 14:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Herodes het Johannes immers gevange laat neem, hom laat boei en in die tronk laat sit, en dit vanweë Herodias, die vrou van sy broer Filippus.
MATTEUS 14:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Herodes het Johannes gegryp en hom gebind en in die tronk gesit ter wille van Herodias, die vrou van sy broer Filippus.