Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 14:29 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 14:29 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom.

MATTEUS 14:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.

MATTEUS 14:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Kom dan,” het Jesus gesê. Petrus klim toe oor die kant van die skuit en begin op die water na Jesus toe loop.

MATTEUS 14:29 DB (Die Boodskap)

Kom!” het Jesus geantwoord. Petrus het dadelik uitgeklim en op die water na Hom toe begin stap.

MATTEUS 14:29 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het vir hom gesê: “Kom!” Petrus het uit die boot geklim, en toe het hy op die water geloop na Jesus toe.

MATTEUS 14:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het gesê: “Kom!” Petrus het van die boot afgeklim en op die water geloop, en na Jesus begin gaan.

MATTEUS 14:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy sê: Kom! En toe Petrus uit die skip afklim, het hy op die water geloop om na Jesus toe te gaan.