Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 14:26 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 14:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu.

MATTEUS 14:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees.

MATTEUS 14:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die dissipels Hom so op die see sien loop, was hulle verskrik, en hulle het benoud begin skree, want hulle het gedink dis ’n spook.

MATTEUS 14:26 DB (Die Boodskap)

Toe die dissipels Hom sien, het hulle hulle morsdood geskrik. “’n Spook, ’n spook!” het hulle benoud uitgeroep.

MATTEUS 14:26 ABA (Bybel vir almal)

Toe sy dissipels Hom op die water sien loop, het hulle baie bang geword en gesê: “Dit is 'n spook!” Hulle was baie bang, en hulle het hard geskree.

MATTEUS 14:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die dissipels Hom op die see sien loop, het hulle vreesbevange geraak en gesê, “Dit is 'n spook!” en van angs begin skreeu.

MATTEUS 14:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe die dissipels Hom op die see sien loop, was hulle ontsteld en sê: Dit is 'n gees; en hulle het uitgeroep uit vrees.