Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 14:12 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 14:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Sy dissipels het sy liggaam kom haal en begrawe; en hulle het dit vir Jesus gaan vertel.

MATTEUS 14:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.

MATTEUS 14:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Johannes se dissipels het sy liggaam kom haal en hom begrawe. Daarna het hulle vir Jesus kom vertel wat gebeur het.

MATTEUS 14:12 DB (Die Boodskap)

Later het Johannes se volgelinge sy liggaam kom haal en gaan begrawe. Hulle het vir Jesus gaan vertel wat gebeur het.

MATTEUS 14:12 ABA (Bybel vir almal)

Die dissipels van Johannes die Doper het gekom en hulle het sy liggaam weggeneem en dit begrawe. Toe het hulle gegaan en vir Jesus vertel wat gebeur het.

MATTEUS 14:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Sy dissipels het gekom, die liggaam geneem en hom begrawe; daarna het hulle dit vir Jesus gaan vertel.

MATTEUS 14:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En sy dissipels het gekom en die liggaam geneem en dit begrawe en gegaan en dit vir Jesus vertel.