Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 14:1 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 14:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daardie tyd het Herodes, die heerser, gehoor wat van Jesus vertel word

MATTEUS 14:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN in daardie tyd het Herodes, die viervors, die gerug van Jesus gehoor

MATTEUS 14:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Juis in daardie tyd het Herodes Antipas van Jesus se optrede gehoor.

MATTEUS 14:1 DB (Die Boodskap)

In daardie tyd het Herodes Antipas, die heerser van Galilea, te hore gekom dat Jesus baie gewild onder die mense is. Hy het vir die amptenare wat in sy paleis gewerk het, gesê

MATTEUS 14:1 ABA (Bybel vir almal)

Koning Herodes het in daardie tyd oor die provinsie Galilea regeer. Hy het gehoor wat die mense oor Jesus sê.

MATTEUS 14:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In daardie tyd het Herodes, die tetrarg, die berigte omtrent Jesus gehoor.

MATTEUS 14:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In daardie tyd het Herodes, die viervors, van die roem van Jesus gehoor