MATTEUS 13:42 - Compare All Versions

MATTEUS 13:42 ABA (Bybel vir almal)

Die engele sal al daardie sondaars in die vuur gooi. Daar in die vuur sal hulle huil en hulle sal hard op hulle tande byt van pyn.

MATTEUS 13:42 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

MATTEUS 13:42 AFR83 (Afrikaans 1983)

en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.

MATTEUS 13:42 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal 'n geween en 'n gekners van tande wees.

MATTEUS 13:42 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

en sal hulle in 'n vuuroond gooi: daar sal 'n geween en gekners van die tande wees.

MATTEUS 13:42 DB (Die Boodskap)

Vir hierdie mense is daar dan geen uitkoms meer nie, net die vlamme van die hel. Daar sal hulle van pyn krul en om hulp skreeu, maar alles tevergeefs.

MATTEUS 13:42 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

en hulle in die brandende oond gooi. Daardie mense sal bitterlik huil en van selfverwyt op hulle tande kners.