Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 13:36 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 13:36 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.”

MATTEUS 13:36 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

NADAT Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.

MATTEUS 13:36 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarna het Jesus van die skare af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe na Hom toe en vra: “Verduidelik asseblief vir ons die gelykenis van die onkruid op die saailand.”

MATTEUS 13:36 DB (Die Boodskap)

Daarna is Jesus en sy getrouste volgelinge alleen huis toe. Daar gekom, vra hulle Hom: “Ons verstaan nie mooi wat U met die verhaal van die onkruid bedoel het nie. Verduidelik dit asseblief vir ons.”

MATTEUS 13:36 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het toe weggegaan van die mense en Hy het huis toe gegaan. Sy dissipels het na Hom toe gekom en hulle het gesê: “Verduidelik asseblief vir ons wat beteken die gelykenis van die onkruid in die koringland.”

MATTEUS 13:36 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe het Jesus die skare weggestuur en die huis binnegegaan. Sy dissipels het na Hom gekom en gesê: “Verklaar vir ons die gelykenis van die drabok in die saailand.”

MATTEUS 13:36 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe het Jesus die skare weggestuur en in die huis ingegaan, en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Vertel ons die gelykenis van die onkruid van die veld.