MATTEUS 13:26 - Compare All Versions

MATTEUS 13:26 ABA (Bybel vir almal)

Die koringplantjies het mooi begin groei en die koring-are het uitgekom. Die werkers kon toe die onkruid ook sien.

MATTEUS 13:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.

MATTEUS 13:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword.

MATTEUS 13:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die spruitjies opskiet en in die aar kom, het die drabok ook begin wys.

MATTEUS 13:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar toe die lem opgespring en vrugte gedra het, het die onkruid ook verskyn.

MATTEUS 13:26 DB (Die Boodskap)

Toe die koringare begin vorm, kom die plaaswerkers die probleem agter.

MATTEUS 13:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, verskyn terselfdertyd ook die onkruid.