MATTEUS 13:16-17
MATTEUS 13:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook gesê: “Julle is gelukkige mense, want julle oë kan sien en julle ore kan hoor en julle kan verstaan. Ek sê vir julle, en dit is seker: Baie profete en mense wat gehoorsaam was aan die wette van die Here, wou baie graag sien wat julle nou sien, maar hulle het dit nie gesien nie. En hulle wou baie graag hoor wat julle nou hoor, maar hulle het dit nie gehoor nie.”
MATTEUS 13:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor. Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
MATTEUS 13:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat hulle hoor. Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie.”
MATTEUS 13:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Maar gelukkig is julle oë, want hulle sien, en julle ore, want hulle hoor. •Amen, Ek sê vir julle, baie profete en •regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en hulle het nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en hulle het nie gehoor nie.
MATTEUS 13:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar geseënd is jou oë, want hulle sien, en jou ore, want hulle hoor. Want voorwaar Ek sê vir julle, dat baie profete en regverdiges begeer het om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie; en om te hoor wat julle hoor en dit nie gehoor het nie.
MATTEUS 13:16-17 Die Boodskap (DB)
“Met julle is dit egter anders. Julle is gelukkig, want julle geestelike oë sien en julle geestelike ore hoor. Baie van julle voorgeslagte wat God gedien het (soos profete en ander gelowiges wat aan God getrou was), sou wat wou gee om net hier te kon wees waar julle is. Hulle sou so graag wou hoor en sien wat julle hoor en sien. Maar natuurlik kan hulle nie, want hulle het nie die kans gehad nie.”