MATTEUS 13:1-3
MATTEUS 13:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Daardie selfde dag het Jesus uit die huis gegaan en Hy het by die See van Galilea gaan sit. Baie mense het na Hom toe gekom en hulle het by Hom kom staan. Daarom het Jesus in 'n boot geklim en Hy het daarin gaan sit. Al die mense het op die strand gestaan. Jesus het vir hulle baie dinge geleer, Hy het vir hulle gelykenisse vertel. Hy het gesê: “'n Man het saad gaan saai, hy was die saaier.
MATTEUS 13:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in 'n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: 'n Saaier het uitgegaan om te saai
MATTEUS 13:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. 'n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in 'n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan. Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en
MATTEUS 13:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daardie selfde dag het Jesus, nadat Hy van die huis vertrek het, langs die see gaan sit. 'n Groot skare het om Hom saamgedrom, sodat Hy in die boot geklim het om daar te gaan sit. Die hele skare het op die strand bly staan. Hy het dikwels met hulle deur gelykenisse gepraat. Hy het gesê: “Kyk, 'n saaier het uitgegaan om te saai.
MATTEUS 13:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dieselfde dag het Jesus uit die huis gegaan en by die see gaan sit. En groot menigtes het by hom vergader, sodat hy in 'n skuit geklim en gaan sit het; en die hele menigte het op die strand gestaan. En Hy het baie dinge in gelykenisse met hulle gespreek en gesê: Kyk, 'n saaier het uitgegaan om te saai
MATTEUS 13:1-3 Die Boodskap (DB)
Later die dag is Jesus af na die meer toe. Daar was so baie mense saam met Hom dat Hy in ’n bootjie moes klim sodat almal Hom kon sien. Die mense het op die wal bly staan. Jesus was lief om verhale in sy preke te gebruik om so sy boodskap vir die mense duideliker te maak. Met die bootjie as sy kansel het Hy begin preek: “Daar was ’n boer wat saad in sy land gaan saai het. Hy het die saad met sy hand oor die grond uitgestrooi. Met die strooi het van die saadjies op die voetpad deur die land geval.
MATTEUS 13:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Later daardie dag het Jesus uit die huis gegaan en langs die see gaan sit. ’n Groot klomp mense het rondom Hom saamgedrom. Gevolglik was Hy verplig om in ’n skuit te klim en daarin te gaan sit om die mense te onderrig. Hulle het almal op die strand bly staan om na Hom te luister. Hy het vir hulle baie ge-lykenisse vertel, soos die volgende een: “’n Boer het eendag lande toe gegaan om te saai.