Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 12:46 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 12:46 AFR83 (Afrikaans 1983)

Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat.

MATTEUS 12:46 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN terwyl Hy nog met die skare spreek, staan sy moeder en broers daarbuite en wou graag met Hom praat.

MATTEUS 12:46 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jesus was nog besig om met die skare te praat, toe staan sy ma en sy broers buitekant. Hulle wou met Hom praat.

MATTEUS 12:46 DB (Die Boodskap)

Jesus was nog aan die praat toe sy ma en broers daar opdaag. Hulle wou iets vir Hom sê.

MATTEUS 12:46 ABA (Bybel vir almal)

Jesus was besig om met mense te praat wat bymekaar was in 'n huis. Sy ma, Maria, en sy broers het buite die huis gestaan. Hulle wou met Jesus praat.

MATTEUS 12:46 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Terwyl Jesus nog met die skare praat, het sy moeder en broers onverwags buite gestaan en wou met Hom praat.

MATTEUS 12:46 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Terwyl hy nog met die volk gepraat het, het sy moeder en sy broers daar buite gestaan en wou met hom praat.