Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 12:39 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 12:39 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar Hy antwoord hulle: “'n Slegte en afvallige geslag vra 'n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

MATTEUS 12:39 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

MATTEUS 12:39 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jesus het egter geantwoord: “Dit is net slegte en goddelose mense wat ’n wonderteken as bewys wil hê. Die enigste teken wat julle sal kry, is dié van die profeet Jona.

MATTEUS 12:39 DB (Die Boodskap)

“Ai,” sê Jesus, “mense wat voeling met God verloor en die pad byster geraak het, soek allerhande tekens om hulle te help om by God uit te kom. Ek gaan julle nie in julle kwaad sterk en ’n spesiale teken vir julle gee nie. Tog gaan Ek een uitsondering maak.

MATTEUS 12:39 ABA (Bybel vir almal)

Maar Jesus het vir hulle gesê: “Slegte en goddelose mense soos julle wil 'n wonderteken hê, hulle wil 'n bewys sien. God sal nie 'n teken vir julle wys nie. Julle sal net een teken kry, dit is die teken van die profeet Jona.

MATTEUS 12:39 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het hulle geantwoord: “'n Bose en owerspelige geslag vra 'n teken, maar geen teken sal aan hulle gegee word behalwe die teken van die profeet Jona nie.

MATTEUS 12:39 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek 'n teken; en daar sal geen teken aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.