Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 12:38 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 12:38 AFR83 (Afrikaans 1983)

Party van die skrifgeleerdes en die Fariseërs sê toe vir Hom: “Meneer, ons wil 'n wonderteken van u sien.”

MATTEUS 12:38 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

TOE spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag 'n teken van U sien.

MATTEUS 12:38 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarop het sommige van die skrifkenners en Fariseërs Hom geantwoord: “Leermeester, ons wil graag ’n wonderteken van u sien om te bewys dat u van God af kom.”

MATTEUS 12:38 DB (Die Boodskap)

Van die geleerde Jode antwoord Jesus toe: “Ons sien jy leer die mense so. Ons wil egter nie net ’n gepraat hoor nie. Doen ’n bietjie vir ons iets dat ons kan sien of jy regtig aan God se kant is.”

MATTEUS 12:38 ABA (Bybel vir almal)

Party skrifgeleerdes en Fariseërs het na Jesus toe gekom. Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, ons wil hê U moet vir ons 'n wonderteken wys sodat ons kan sien U kom van God.”

MATTEUS 12:38 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe het sommige van die skrifkenners en •Fariseërs gereageer en gesê: “Meester, ons wil graag 'n teken van u sien.”

MATTEUS 12:38 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En sommige van die skrifgeleerdes en van die Fariseërs het geantwoord en gesê: Meester, ons sou 'n teken van U sien.