Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 12:24 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 12:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Fariseërs het hiervan gehoor en gesê: “Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste.”

MATTEUS 12:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.

MATTEUS 12:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die Fariseërs egter van die wonder hoor, het hulle geskimp: “Geen wonder dat hy bose geeste kan uitdryf nie. Hy kry sy krag immers van Beëlsebul, die baasduiwel.”

MATTEUS 12:24 DB (Die Boodskap)

Die Fariseërs was glad nie gelukkig toe hulle die mense dit hoor sê nie. “Nee wat, moenie julle laat kul nie,” het hulle probeer keer. “Hierdie man is baie goeie vriende met die duiwel self. Daarom luister die bose geeste so na hom.”

MATTEUS 12:24 ABA (Bybel vir almal)

Die Fariseërs het gehoor wat die mense sê, en die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Jesus jaag duiwels uit mense, maar Beëlsebul, die leier van die duiwels, help vir Jesus om die duiwels uit te jaag.”

MATTEUS 12:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die •Fariseërs hiervan te hore kom, het hulle gesê: “Dit is slegs deur Beëlsebul, die aanvoerder van die demone, dat hierdie man demone uitdryf.”

MATTEUS 12:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hierdie man dryf nie duiwels uit nie, maar deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels.