YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

MATTEUS 11:8

MATTEUS 11:8 Bybel vir almal (ABA)

Het julle gedink julle sal 'n man sien wat mooi en duur klere dra? Nee! Die mense wat mooi en duur klere dra, woon in konings se paleise.

Deel
Lees MATTEUS 11

MATTEUS 11:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.

Deel
Lees MATTEUS 11

MATTEUS 11:8 Afrikaans 1983 (AFR83)

Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? 'n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat deftig aantrek, kry 'n mens in koninklike paleise.

Deel
Lees MATTEUS 11

MATTEUS 11:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Maar wat wou julle dan gaan sien? 'n Man met deftige klere aan? Kyk, mense met deftige klere woon in konings se paleise.

Deel
Lees MATTEUS 11

MATTEUS 11:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Maar waarvoor het julle uitgegaan om te sien? 'n Man geklee in sagte klere? kyk, die wat sagte klere dra, is in koningshuise.

Deel
Lees MATTEUS 11

MATTEUS 11:8 Die Boodskap (DB)

Nee! Of dalk ’n ryk man in ’n duur pak klere? Ag nee, julle weet mos sulke mense bly nie in die woestyn nie, maar sit gemaklik in groot huise. Ek vra weer, wat het julle verwag om te sien?

Deel
Lees MATTEUS 11

MATTEUS 11:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Tog seker ook nie iemand wat in weelderige klere uitgevat is nie? Die mense wat so aantrek, woon immers in paleise, nie in die woestyn nie.

Deel
Lees MATTEUS 11
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's