MATTEUS 11:4-5
MATTEUS 11:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan wys weer vir Johannes wat julle hoor en sien. Blindes word gesien en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.
MATTEUS 11:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “Gaan terug na Johannes toe en vertel vir hom wat julle gehoor en gesien het. Sê vir hom: Blinde mense kan nou sien, kreupel mense kan nou loop, melaatse mense is gesond, dowe mense kan nou hoor, mense wat gesterf het, lewe weer, en arm mense hoor die goeie boodskap dat Jesus die Christus is.
MATTEUS 11:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien: blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.
MATTEUS 11:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig.
MATTEUS 11:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het hulle geantwoord: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: “Blindes sien weer en verlamdes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die goeie boodskap verkondig.
MATTEUS 11:4-5 Die Boodskap (DB)
Jesus het nie met ’n eenvoudige ja of nee geantwoord nie. Hy het vir hulle gesê: “Luister na my preke en kyk wat Ek alles doen. Gaan dan na Johannes toe en vertel hom: mense wat nie kon sien nie, sien nou weer; mense wat nooit kon loop nie, stap nou tussen ons rond; mense wat uit die dorpe gejaag is omdat hulle melaats was, staan nou weer in die tempel, heeltemal gesond; dowes hoor; mense wat dood was, leef, en mense op wie almal neersien, hoor nou skielik dat hulle vir God baie besonders is.