MATTEUS 11:13-14
MATTEUS 11:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Die hele Ou Testament, al die boeke van die profete en van Moses, het gesê wat sal gebeur totdat Johannes gekom het. As julle glo wat die profete gesê het, dan sal julle weet Johannes die Doper is Elia wat moes kom.
MATTEUS 11:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom.
MATTEUS 11:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer, en as julle dit wil aanvaar: Johannes is die Elia wat sou kom.
MATTEUS 11:13-14 Die Boodskap (DB)
As julle die moeite doen om die profete, asook die vyf boeke van Moses, goed te lees, sal julle agterkom dat dieselfde God wat deur julle Bybel praat, ook deur Johannes praat. Luister mooi: Johannes is die Elia vir wie julle wag om julle aan die Messias voor te stel.