MATTEUS 10:37
MATTEUS 10:37 Bybel vir almal (ABA)
As iemand meer lief is vir sy pa of sy ma as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie. As iemand vir sy seun of sy dogter meer lief is as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie.
MATTEUS 10:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
MATTEUS 10:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie.
MATTEUS 10:37 Die Boodskap (DB)
Luister, as jy voel dat jy liewer lojaal moet bly aan jou pa of ma as aan My, verdien jy My nie. Dieselfde geld vir jou seun of dogter of wie ook al. Ek moet altyd vir jou die belangrikste van almal wees. Ek moet die belangrikste in jou lewe wees. “Ja, alles gaan oor wie of wat vir jou die belangrikste is.