MATTEUS 1:22-23
MATTEUS 1:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Al hierdie dinge het gebeur sodat dit waar kan word wat die Here gesê het. Die profeet het gesê: “ Die maagd sal swanger word en sy sal 'n seun kry. Hulle sal Hom Immanuel noem.”
MATTEUS 1:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
MATTEUS 1:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.”
MATTEUS 1:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit het alles gebeur sodat wat die Here deur die profeet gesê het, vervul kon word: “Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem” – wat, as dit vertaal word, beteken ‘God is met ons.’
MATTEUS 1:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word wat van die Here gespreek is deur die profeet deur te sê: Kyk, 'n maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal hom Emmanuel noem, wat vertaal word: God met ons.
MATTEUS 1:22-23 Die Boodskap (DB)
So het die woorde waar geword wat die Here deur die profeet Jesaja gesê het: “’n Jongmeisie wat nog nie by ’n man geslaap het nie, gaan binnekort geboorte aan ’n seun gee. Hulle sal hom Immanuel noem.” (As ’n mens hierdie Hebreeuse naam vertaal, beteken dit: God is hier by ons.)