MATTEUS 1:1-3
MATTEUS 1:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Hier is 'n lys van die name van Jesus Christus se voorouers. Jesus was die Seun van Dawid, en die Seun van Abraham. Abraham was die pa van Isak, Isak die pa van Jakob, en Jakob die pa van Juda en sy broers. Juda was die pa van Peres en Serag, en hulle ma was Tamar. Peres was die pa van Gesron, en Gesron die pa van Ram.
MATTEUS 1:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers; en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram
MATTEUS 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers; Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van Gesron, en Gesron van Ram
MATTEUS 1:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die geslagsregister van Jesus Christus, die •Seun van Dawid, die Seun van Abraham: Abraham het Isak verwek, Isak het Jakob verwek, Jakob het Juda en sy broers verwek, Juda het Peres en Serag by Tamar verwek, Peres het Gesron verwek, Gesron het Ram verwek
MATTEUS 1:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die geslagsboek van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham. Abraham het vir Isak verwek; en Isak het Jakob verwek; en Jakob was die vader van Judas en sy broers; En Judas was die vader van Phares en Zara van Thamar; en Phares het Esrom verwek; en Esrom het Aram verwek
MATTEUS 1:1-3 Die Boodskap (DB)
My verhaal oor Jesus Christus begin met sy geslagsregister. Dit bevat die name van sy voorouers. Die belangrikste twee persone in sy geslagsregister is Dawid, die groot koning van Israel, en Abraham, die man met wie God ’n baie belangrike ooreenkoms gemaak het. Abraham was Isak se pa. En Isak was Jakob se pa. Jakob was die pa van Juda en sy broers. Op sy beurt was Juda die pa van die tweeling Peres en Serag. Hulle ma se naam was Tamar. Haar seuns was Peres en Serag. Peres was Gesron se pa, en Gesron die pa van Ram.
MATTEUS 1:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hier volg die familieregister van Jesus Christus. Hy was die Seun van Dawid, en uit die nageslag van Abraham. Abraham was die pa van Isak, Isak die pa van Jakob, Jakob die pa van Juda en sy broers. Juda was die pa van Peres en Serag by Tamar. Peres was die pa van Gesron, Gesron die pa van Ram