MATTEUS 1:1-2
MATTEUS 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Hier is 'n lys van die name van Jesus Christus se voorouers. Jesus was die Seun van Dawid, en die Seun van Abraham. Abraham was die pa van Isak, Isak die pa van Jakob, en Jakob die pa van Juda en sy broers.
MATTEUS 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers
MATTEUS 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers
MATTEUS 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die geslagsregister van Jesus Christus, die •Seun van Dawid, die Seun van Abraham: Abraham het Isak verwek, Isak het Jakob verwek, Jakob het Juda en sy broers verwek
MATTEUS 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die geslagsboek van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham. Abraham het vir Isak verwek; en Isak het Jakob verwek; en Jakob was die vader van Judas en sy broers
MATTEUS 1:1-2 Die Boodskap (DB)
My verhaal oor Jesus Christus begin met sy geslagsregister. Dit bevat die name van sy voorouers. Die belangrikste twee persone in sy geslagsregister is Dawid, die groot koning van Israel, en Abraham, die man met wie God ’n baie belangrike ooreenkoms gemaak het. Abraham was Isak se pa. En Isak was Jakob se pa. Jakob was die pa van Juda en sy broers.